Begin Vroeg Kampe

ONS KAMPE

VOLGENDE KAMP!

Days
Hours
Minutes
Seconds

Volgende Skoolkamp datums:

27 – 29 Maart 2026

26 – 28 Junie 2026

25 – 27 September 2026

4- 6 Desember 2026

ONS KAMPE

Ons kampe word deur verskeidenheid kundige personeel aangebied. Ons het sport- en sielkundige fasiliteerders, huweliksberaders, kinderbediening fasiliteerders en spanbou fasiliteerders.

Skoolkampe: Ons nooi skole uit om julle wegbrekers, personeelspanbou of spanboue vir verskeie sportgroepe by ons te hou. Ons bied hindernisbane, avontuur en spanbou aan met die doel om kinders te leer om volwasse te word en te leer van God en wie Hy is en wat sy Woord alles se.

Spanbou:  Ons bied spanboukampe vir enige besigheid of skool wat hul personeel wil verenig om saam te werk en saam te dink. Ons bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite en seminare oor spanbou aan.  Ons leer ook uit die Woord van God oor verhoudings en spanwerk.

Jeugkampe: Die kampe word kwartaalliks gehou aan alle leerders van 10-18 jaar

Huwelikskampe: Kampe word gehou om paartjies in te lig oor huwelikskennis en om die naweek as ‘n paartjie die tyd te geniet om God te soek en mekaar te leer ken en vele avontuur en huweliksbou-aktiwiteite te doen.

Werksafsluiting:  Besighede kan werksafsluitings hou waar die personeel deur die modder kruip en die jaar se moeite kan afsluit. Ons leer ook hoe elkeen se gedrag in die werksplek moet wees volgens die Bybel.

Oorlewingskampe: Jong manne of dames wat dink hulle is braaf genoeg, kan deelneem aan die 3 dae oorlewingskamp.  Jou oorlewingsvaardighede gaan getoets word, sowel as jou kennis om in die veld te oorleef. Dis hard! Dis moeilik! Nogtans is dit vele pret. Kom leer van God en sy Woord en hoe jy in die wêreld vol moeilike tye kan “SURVIVE”!

Die pelgrim se reis na die ewigheid is ‘n storie wat baie sentraal staan in ons kampe en aktiwiteite. Elke persoon se lewe is voorgestel deur die Pelgrim in die storie. Kinders, jongmense en selfs volwassenes kan hulleself in die skoene van Pelgrim plaas en die stryd en oorwinning sien en verstaan wat daar in Christus vir jou kan wees. Die storie van Pelgrim beeld sonde, verlossing, redding en die pad as christen aan die jeug uit.

Ons plaas die woord van God sentraal in ons prediking en als wat ons doen en gebruik die storie as makliker verstaan middel om die volle waarheid aan die kinders te verkondig.