Begin Vroeg Kampe

Ons verkondig Jesus. HY is die Weg, die Waarheid en die Lewe.

WIE IS ONS

Die visie van die kampe is meer as 20 jaar oud. Prys die Here vir die voorreg om Sy werk te kan doen. Uit hierdie visie is verskeie kampe en gesellighede aangebied, wat stelselmatig ontwikkel het tot die Begin Vroeg konsep. Ons eerste Begin Vroeg kamp is in 2015 deur die Afrikaanse Baptiste Kerk Kroonstad aangebied. Sedertdien het ons baie geleer en van krag tot krag gegroei, tot waar ons vandag ‘n professionele groep mense bymekaar het om God-verheerlikende kampe aan te bied.

Begin Vroeg Christen Kampe streef daarna om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig deur ‘n verskeidenheid van kampe aan te bied.

Die eerste kampe was onder die sterre aangebied en die potte en panne was agter op die bakkie gekarwy waar ookal die tentjies opgeslaan kon word.

Te danke aan oop harte en hande van die gemeente van Christus het die kamp ‘n vaste adres op die plaas Vrischgewaagd in Kroonstad gekry. Baie harde werk van die groep het die infrastruktuur stelselmatig in plek gekry en vandag het ons ‘n pragtige kampterrein en ‘n verskeidenheid hindernisbane en ook die gevreesde tonnel…

Ons kan met gemak tot 70 kinders akkommodeer.

VOLGENDE KAMP

Days
Hours
Minutes
Seconds

Psalms 119:9 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

ONS KAMPE

LEER MEER VAN GOD EN SY WOORD

Ons kampe word deur verskeidenheid kundige personeel aangebied. Ons het sport- en sielkundige fasiliteerders, huweliksberaders, kinderbediening fasiliteerders en spanbou fasiliteerders.

Ons bied elke kwartaal vakanasie n 3 dag kamp aan.

Asook ander kampe regdeur die jaar, vir verskeie behoeftes vir almal. 

Lees meer oor ons volgende kamp en ander tipe kampe waarna jy kan uitsien.